deur Lizette Prinsloo
Ons skop hierdie jaar se Bibberfees af met die opening van ‘n kunsuitstalling deur ons eie kunstenaars en ook kunstenaars van naburige dorpe. Dis ‘n voorreg om hierdie mense in ons gemeenskap te hê. Die Vrydagaand voorspel om baie gesellig om die kaggelvuur te wees.
Op die feesterrein die volgende dag, word die fees amptelik geopen deur ons voorsitter, Gerhard Wilken en versier deur trompoppies en ‘n skoot vanuit Ou Grietjie, ons kanon.
Die fietsryers spring saam met Ou Grietjie weg op een van twee roetes. Dit klink wonderlik en iets groots is hier vir die toekoms aan die kom.
Ons het hope vermaak wat aanpas by ons gemeenskap soos skaapskeer, ‘n kuddekompetisie en heerlike skaapvleis geregte om aan te smul.
Die kuddekompetisie is ‘n wedywering tussen boere en hul skape, van hier en omliggende dorpe. Kom kyk hoe lyk die suid-Vrystaat se top diere.
Ons besgekleede dame en heer sal deur die dag beoordeel word en sal vanselfsprekend voorkeur geniet as hul wol uitrustings aan het.
Resieshonde van mnr Dawid van der Merwe is iets wat jul nie kan mis nie. As jy nie gou genoeg kyk nie, is hulle verby.
Een van die hoogtepunte beloof om die skaap-modeparade te wees. Het jy al ‘n skaap soos ‘n model van Parys laat voel en lyk? Inisiatief is die wagwoord!
Wees daar! Neem deel! Bring jou skaap en wen lekker pryse!
Ons kunstenaars is almal oorspronklik van Bloemfontein. LOCAL IS LEKKER! Collin Street van Kovsies, vele kunstenaars van Philip Kotze Sang Skool in Bloem-fontein en Marnet ook oorspronklik van Bloem-fontein gaan ons tot laat vermaak. Die Grey Kollege Boere Orkes speel die aand by die dinee in die Gemeenskapsaal. Ons sien uit daarna om u daar te sien.
Heerlike vars skaapvleis gaan op die Fees te koop wees by die vleistafel, so bestel voor die tyd en bring jul koel houers saam!
Kom wys wat in jou steek en kom neem deel aan die blommerangskikking-kompetissie. Heerlike pryse te wen.
Wees kreatief met laslappies en kerse maak, asook sandkuns.
Daar gaan heerlike skaapgeregte te koop wees en ook baie ander snoeperye en vele te drink.
Kom kuier saam met ons van vroeg tot laat.
MIS DIT … EN JY MIS UIT!